Meer oor Suidies

Suidies / Meer-oor-Suidies

Meer oor Suidies

Suid-Natal Primêre Skool is die enigste skool aan die hele Suidkus van KwaZulu-Natal wat suiwer Afrikaanse onderrig aanbied. Die skool akkommodeer leerders van Graad R tot Graad 7 en bied verskeie sport- en kultuuraktiwiteite aan om leerders se vaardighede en leierskap te ontwikkel.

“Suidies” is ook betrokke in die gemeenskap en neem deel aan sportaktiwiteite saam met ander plaaslike skole aan die Suidkus. Ons waardeer moedertaalonderrig en streef daarna om die Afrikaanse gemeenskap hier te ondersteun.

Super Suidie Geskiedenis

Suid-Natal Primere Skool Kantoor
Suid Natal Primere Skool Vooraansig
  • 1983: Besluit om 'n Afrikaanse skool te begin.

    In 1983 besluit die Afrikaanssprekende ouergemeenskap van Port Shepstone en omgewing om 'n suiwer Afrikaanse skool te stig. Voorheen was daar slegs parallelmedium junior- en senior primêre skole in Port Shepstone.

  • 1985: Skool Geopen.

    In Januarie 1985 trek die Afrikaanssprekende leerders van Port Shepstone Junior Primary en Port Shepstone Senior Primary oor na die terrein van Hoërskool Suid-Natal. Meneer Eric Bouwer was die skoolhoof by die hoërskool en meneer Flip (PL) Smith die adjunkhoof by die primêre afdeling.

  • 1992: Skoolwapen Ontwerp en eerste Bestuursliggaam gestig.

    In Desember 1991 word die skole amptelik geskei deur die Onderwysdepartement. Die gebou in Marburg/Oslo Strand was byna voltooi. Meneer Smith doen die aanvoorwerk om ons skoolwapen te ontwerp en registreer. Op 26 Februarie 1992 word die eerste stigtingsvergadering van Suid-Natal Primêre Skool gehou met 177 ouers teenwoordig. Meneer Chris (CJJ) word bedank vir sy harde werk om die Afrikaanse primêre skool te vestig. Die skoolsaal word die Chris Jacobs Saal genoem en die eerste bestuursliggaam met meneer Neels Steenberg as voorsitter word verkies.

  • 1992: Nuwe Skoolgebou betrek.

    In Augustus 1992 betrek die skool die nuwe geboue met meneer Adriaan (AJJ) van Rooyen as skoolhoof. Die amptelike opening word waargeneem deur meneer A Olmesdahl, Uitvoerende Direkteur van Onderwys, Natal.

  • 1993: Eerste Faktotum.

    Oom Koos Beaurain en tannie Lettie word aangestel as die eerste faktotum.

  • 1993: Skoollied ingewy.

    Ons nuwe skoollied, geskryf deur mevrou Marianne Simes en getoonset deur meneer Marius Wissing, word vir die eerste keer deur die skoolkoor gesing.

  • 1993: Wapen op "Rooiplein" aangebring.

    Op die groot plein voor die skoolsaal, bekend as die “Rooiplein”, word die skool se wapen aangebring.

  • 1994: Rekenaarsentrum en Sportkamer.

    Ons Rekenaarsentrum en Sportkamer word ingewy, waar sportfoto’s en prestasies ten toon gestel word. Nuwe paviljoene word in 1996 ingewy en nuwe kleedkamers word in 2000 langs die sportgronde aangebou.

  • 2002: Verbeterings aan die skool.

    Die ou afdak vir motors word vervang met 'n teëldak konstruksie, wat in die toekoms as klaskamers gebruik kan word. Die ou draadheining word met 'n siersteenmuur vervang.

  • 2008: Swembad ingewy.

    In 2008 word 'n splinternuwe swembad ingewy en in 2009 word veranderinge gemaak om Graad R-leerders vanaf 2010 te akkommodeer.

Suid-Natal Primere Skool Senior Klaskamer blok
Suid-Natal Primere Skool Swembad

© 2026 Kopiereg

Suid-Natal Primêre Skool

Aangedryf deur PalmHost

© 2024 Kopiereg

Laai die D6 Kommunikeerder af

Aangedryf deur Dotweb

Belangrike Skakels

Laai die D6 Kommunikeerder af

D6 School Communicator
Google Playstore Icon
App Store Icon

© 2024 Kopiereg

Suid-Natal Primêre Skool

Aangedryf deur Dotweb

Tuis
Skoolfooie
Donasies
Kontak