By Suid-Natal Primêre Skool bied ons ‘n liefdevolle, inspirerende omgewing in Afrikaans met ‘n unieke leerervaring. Ons streef na selfvertroue, kreatiewe denkers, nie net goeie punte nie. Ons opvoeding is gerig op die leerders se toekoms. “Volharding” is ons leuse.
Ons bied 'n suiwer Afrikaanse omgewing om die taal ryklik te kweek en te koester.
Ons is bekend vir ons streng dissipline om 'n ordelike en respekvolle leeromgewing te verseker.
Ons het toegewyde en ervare onderwysers wat 'n passie het vir die ontwikkeling van elke leerder.
Ons skoolterrein is 'n veilige hawe waar leerders met gemoedsrus kan leer en groei.
Lekker aktiwiteite ryk ons kurrikulum aan en bied 'n volledige leerervaring.
Ons skep 'n goeie leer atmosfeer wat die leergierigheid en sukses van elke leerder aanmoedig.
Suid-Natal Primêre Skool maak gebruik van die KABV kurrikulum om te verseker dat kinders kennis en vaardighede aanleer en op ‘n betekenisvolle wyse in hul eie lewens toepas. In hierdie verband bevorder die kurrikulum leer in plaaslike kontekste terwyl dit sensitiwiteit toon vir globale noodsaaklikhede
By Suidies leef ons vir sport! Ontdek ons leerders se opwindende suksesstories in verskeie sportsoorte.
By Suidies bied ons 'n wye verskeidenheid sportsoorte aan, insluitend atletiek, hokkie, krieket, landloop, netbal, rugby en swem.
By Suidies skyn ons kultuurgloed! Ons moedig leerders aan om deel te neem aan kultuuraktiwiteite.
By Suidies bied ons 'n verskeidenheid kultuursoorte aan, insluitend koor, redenaars, ligdraers, spreekkoor en meer.
By Suidies blink ons in akademie! Ons streef daarna om uitnemende prestasies te verseker deur ekstra moeite in te sit.
By Suidies bied ons 'n verskeidenheid vakke aan, soos tale, wiskunde, wetenskappe, sosiale wetenskappe, ekonomie, lewensoriëntering, tegnologie en kuns.
By Suidies juig ons buitemuurse aktiwiteite toe en erken ons ons leerders se deelname daaraan.
Daar is 'n verskeidenheid buitemuurse instansies wat aktiwiteite vir kinders aanbied wat ons aanmoedig en erken. Dit sluit karate, dans, swem, musiek, en meer in.
“Kom ons fokus op ware opvoeding, deelname en betrokkenheid in totaliteit.”
“Kom ons erken elke kind se individualiteit en omstandighede, sonder voorbehoud, binne ‘n raamwerk van veiligheid en sekuriteit. Kom ons neem hande as opvoeders en ouers in ons strewe na ‘n toekoms vir ons kosbare kinders.
‘n Vennootskap wat gekenmerk word deur respek, geloof, verantwoordelikheid, omgee, liefde, agting, begrip, eerlikheid, kommunikasie en vertroue. Suid-Natal Primêr is waarlik ‘n skool met ‘n eiesoortige karakter van omgee, samewerking en ondersteuning.
Hier sal ons volhard in ons volgehoue pogings sodat elke kind waarlik gelukkig sal wees.”
C.I. Krog
Suid-Natal Primêre Skool bied onderwys aan van Graad R tot Graad 7. Skoolure vir Graad R is van 7:30 tot 12:30. Vir die Grondslagfase (Graad 1-3), Juniorfase (Graad 4-5), en Seniorfase (Graad 6-7) is skoolure van 7:30 tot 14:00. Nasorg, teen ‘n fooi, is beskikbaar tot 17:00, Maandag tot Vrydag.
Suid-Natal Primêr strewe om deur integriteit ‘n positiewe, Christelike, opvoedkundige instelling in die gemeenskap te wees, waar leerders waarlik gelukkig is.
Die fasiliteerder sal deur voorbeeld meewerk om ons missie uit te leef. Samewerking deur ouers is noodsaaklik in die uitleef van ons missie.
© 2024 Kopiereg
Suid-Natal Primêre Skool
© 2024 Kopiereg
Suid-Natal Primêre Skool
Aangedryf deur Dotweb